Hoe om by ons te kom

Uitsig by die Bedehuis se agterdeur

As ‘n mens van Worcester se kant af Robertson binnery, draai jy by die derde straat, Paul Krugerstraat (tussen die Spar en KFC) links. Ry tot heel aan die einde van Paul Krugerstraat, tot by die heel laaste stopstraat waar daar ‘n aanduiding is na links “Dassieshoek” en “Keurkloof”. Draai links na Dassieshoek en Keurkloof. Die straat se naam is Paddystraat. Hou aan met hierdie straat, oor verskeie stopstrate, verby Droë Heuwel. By Droëheuwel (‘n HOP-huis woongebied) word die pad ‘n grondpad. Kort na dit ‘n grondpad geword het, is daar ‘n bordjie wat Keurkloof regs aandui. Draai regs in Keurkloof. Na ongeveer 3 km sien ‘n mens die kerk vir die eerste keer, as ‘n mens om die laaste draai gegaan het. Baie maklik! Om op te som: Links in Paul Krugerstraat, links in Paddystraat en regs in Keurkloof. Dit is so eenvoudig!

Vind ons op Google:

Ons posadres, vir diegene wie dit wil waag:

“Betanië”
Posbus 78
Robertson
6705